Wednesday, January 18, 2012

Knysna Loerie

Visse, Olifante en Perde....

Marisa wou vreeslik graag weer die olifante gaan kyk het.  Sy het dit VREESLIK geniet.  Die baba olifante was die wat ons 3 jaar gelede gehelp bottel voer het.  Hulle is nou 4 en 5 jaar oud.

Dit was BAIE warm, die sweet het in strome by my rug afgeloop!  Die olifante het baie in die modder en water gespeel om af te koel.
Thys en Oupa het nie 'n baie suksesvolle visvangs gehad nie, Thysie het darem 2 GROTES huis toe gebring, Oupa moes sy kleintjies teruggooi.  Hulle noem die visse Katonkels.



Ons het ook gaan perdry - Atta se keuse.  Ons het heerlik in die bos gery.  Op 'n stadium was die varings so hoog soos die perde!

Monday, January 16, 2012

Nuwe foto's

Ons het gistermiddag lekker branders gery.  Hulle lyk flou, maar bring jou tot by die strand!  Die wind het eergister baie skulpe laat uitspoel.



Die manne het vanoggend 6 uur op die boot geklim om te gaan visvang.  GROOT opgewondenheid!

Sunday, January 15, 2012

Wonderlike Sondag

Ons het 'n lieflike oggend in die see gehad, lekker branders gery en in die sand gespeel.  Douw-hulle is so 10 uur hier weg.  Hy roep hulle en sĂȘ - 'Kom De Jonghetjies' en Alet lag, sy vra :' Wat is Be Jongetjies?'!!!

Ons het laatmiddag Klippiesbaai se kant toe gestap.

Die wind was nogal rof en die see was vol perdjies. 


Dit is so 2 verdiepings af na die water en rotse daaronder!

Hier is ons oppad terug.

Die see...



Saturday, January 14, 2012

Nog 'n wonderlike dag ....

Niggies in die see!

Wat 'n vissersvrou!!!

Ons was gister Stormsrivier toe, en NATUURLIK moes ons hangbrug toe stap!!!


Hulle het nog twee hangbrue gebou, dit lyk BAIE goed!


Die twee Attas!
Ons het 'n hele klompie Dassies by Stormsrivier gesien - sommer so langs die see tussen die rotse daar waar die bote uitkom.



Ons het vanmiddag vir oulaas saam met Douw hulle gaan eet in Plet, hulle gaan more huis toe.

Daarna is daar sandkasteel gebou, fiets gery, pannekoek gebak, wors gebraai, marshmallows gebraai en glowsticks op die strand gespeel!  What a day!
En natuurlik weer 'n asemrowende sonsondergang!


Friday, January 13, 2012

Hier is ons weer!

Dit bring sommer die trane baie naby, die mooiste mooi...


Die kinders het besluit die duine is defnitief gemaak vir klim, kyk hoe klim Alet ewe groot saam.


King of the World!


Hier is die lagoon 7 uur in die oggend.  Ons ry met die fietse sodra ons wakker word, en die ander nog slaap.


Hier is die nuwe brug oor die Grootrivier.  Hulle het dit pragtig reggemaak.  Die pas is asemrowend so vroeg in die oggend.  Die kinders is baie versigtig en ry mooi op die groot pad!


Die river is nogal vol, ek dink ons sou nogal lekker kon kayak...